Resepte

Aarbei-en-aspersie-slaai

4 porsies

  • 100 g vars aspersies
  • 40 g roket
  • 100 g gerookte forel
  • sowat 8 aarbeie, gehalveer
  • sowat 15 ml olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Dompel aspersies in kookwater. Laat staan vir 5 minute en dreineer. Spoel onmiddellik af met koue water. Rangskik die roket en aspersies op ’n opdienbord. Breek forel in stukke en rangskik saam met aarbeie op bord. Gooi olyfolie oor en geur met swartpeper.