Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Aartappel-en-forelslaai

(4 porsies)

  • 10 – 12 Mediterreense aartappels
  • 30 ml olyfolie
  • 300 g forel-filette
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g crème fraîche
  • 30 ml mayonnaise
  • 2 sprietuie, gekap
  • 20 ml kappertjiesaad (capers)
  • 3 takkies vars dille, fyngekap

Kook aartappels tot sag. Laat afkoel en trek skille af. Sny aartappels in skywe. Verhit olyfolie in ‘n pan. Plaas forelfilette velkant onder in die pan. Braai vir sowat 5 minute aan elke kant. Haal uit en verwyder vel. Plaas aartappels en vis in ‘n mengbak en geur met sout en peper. Meng crème fraîche en mayonnaise en meng versigtig deur. Sprinkel sprietuie, kappertjiesaad en dille oor. Sit voor saam met tartaresous.

tartaresous

  • 6 agurkies, fyngekap
  • 30 ml kappertjiesaad, fyngekap
  • ½ ui, fyngekap
  • 60 ml mayonnaise
  • 30 ml Bulgaarse jogurt
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles saam en sit voor saam met slaai.

  • Dee

    Hoekom gee Sarie ons nie Maandae eerder idees vir "Meat-free Monday" nie?