sk0812eetsesuur_2_1
Pluimvee

Aartappel-en-hoenderslaai

(30 minute – 4 porsies)

  • sowat 12 Mediterreense aartappels
  • 30 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sap van halwe suurlemoen
  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • 6 sprietuie, gekap
  • sowat 100 g bronkors (watercress)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Slaaisous

  • 100 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml korrelmosterd

Kook aartappels tot sag. Dreineer en laat afkoel. Meng die olyfolie, knoffel en suurlemoensap. Gooi dit oor die hoenderborsies. Verhit ’n swaarboompan en braai hoender weerskante tot bruin. Dit sal so 15 minute neem. Sny die aartappels en hoenderborsies in skywe. Meng dit nou met die sprietuie en bronkors. Geur met sout en swartpeper. Meng al die slaaisous-bestanddele saam en gooi oor die slaai.