FOTO Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Aartappel-en-radysslaai

Dis nou twee smake wat perfek saamwerk.

• 1 kg Mediterreense aartappels
• 2 bossies radyse, in skywe gesny
• 6 sprietuie, fyngekap
• 150 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 40 g vars roket
• 6 hardgekookte eiers

Kook aartappels tot sag. Dreineer en laat afkoel. Trek skille van aartappels af. Meng die aartappels, radyse en sprietuie versigtig in ‘n groot bak. Meng olyfolie, suurlemoensap en knoffel, gooi oor slaai en geur met sout en peper. Net voor jy die slaai voorsit, meng roket deur en rangskik eiers bo-op.