Aartappelslaai op n stokkie

Aartappelslaai op n stokkie FOTO: Donna Lewis

Resepte

Aartappelslaai op n stokkie

Braaivleis hoef nie meters wors, tjops, steak en ribbetjies te wees nie. Ook nie romerige aartappelgebak en braaibroodjies nie. Daar’s ń ander, veel gesonder manier – en net so lekker. Porsiebeheer is soveel makliker met kebabs en dís die geheim van matig eet

Probeer hierdie nuwe manier om aartappelslaai op n stokkie te maak. Die gebraaide aartappels is baie lekker.

6 porsies

• 500 g baba-aartappels
• 250 g laevet-strepiespek
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml Bulgaarse jogurt
• 1 hand vol dille, fyngekap
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 6 agurkies, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml olyfolie
• 6 hout-kebabstokkies

Plaas aartappels in pot met koue water en bring tot kookpunt. Kook vir sowat 10 – 12 minute of tot net gaar. Laat afkoel. Draai helfte van aartappels toe in strepiespek. Ryg om die beurt een spekaartappel en een sonder spek op kebabstokkies, sodat jy 2 van elke aartappel op elke stokkie het. Meng jogurt, dille, agurkies, knoffel en rooi-ui saam. Geur met sout en peper. Kry kole mediumwarm. Verf kebabs met olie. Geur goed met sout en peper. Braai oor matige hitte vir sowat 5 minute per kant of tot spek lekker goudbruin en bros is. Sit voor met jogurtsous.

Aartappelslaai op n stokkie

Aartappelslaai op n stokkie FOTO: Donna Lewis

button (4)

 As jy mayonnaise oor jou aartappels verkies, vervang helfte van jogurt met laevet-mayonnaise.