Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Amperse caprese-slaai

(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 150 g suurdeegbrood of brood van jou keuse, in growwe stukke gebeek
  • 6 groot rosa-tamaties
  • 150 g vars mozzarella (die soort wat jy in vloeistof koop)
  • 30 g basiliekruid
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie en botter in ‘n groot braaipan. Voeg brood by en braai tot goudbruin en bros. Sny tamaties in skywe en plaas saam met mozzarella, wat in growwe stukke gebreek is, broodstukke en basiliekruidblare op opdienbord. Geur goed met sout en swartpeper.

Wenk: Druk suurlemoensap oor vir smaak.