sk0912mint04
Resepte

Appel-en-fetakaas-slaai met kruisement

(4 porsies)

  • 2 groen appels, in dun ringe gesny
  • ½ komkommer, in skywe gesny
  • 250 g fetakaas, in stukke gebreek
  • 1 pak (70 g) roket
  • 15 kruisementblare
  • 250 ml suurroom
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Rangskik appels, komkommer, fetakaas, roket en helfte van kruisement op ‘n slaaibord. Kap so 5 kruisementblare fyn. Voeg dit by suurroom en geur met sout en swartpeper. Sprinkel
van die suurroom oor slaai.