FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Resepte

Appel-en-koolslaai

4 porsies

• 2 klein koppe kool
• 3 Star King-appels
• sap van halwe suurlemoen
• 40 g-sakkie bronkors
• 1 rooi-ui, gehalveer en in dun skywe gesny
• 150 ml mayonnaise
• 60 ml Bulgaarse jogurt
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 100 g mikro- pers bronkors

Halveer die kool en verwyder die harde stronkgedeelte. Sny kool in dun skywe. Halveer appels en sny in baie dun skywe. Gooi suurlemoensap oor. Rangskik bronkors op ’n groot opdienbord. Rangskik kool, appels en ui boop. Meng mayonnaise en jogurt. Geur met sout en peper. Gooi sous oor slaai en sprinkel mikrobronkors oor.