Aspersie-en-pampoenslaai

Aspersie-en-pampoenslaai FOTO: Donna Lewis

Diabeties

Aspersies-en-pampoenslaai

Wanneer die sonnetjie in die winter deur die wolke breek, kan jy jou gaste bederf met ń heerlike warm slaai

Pampoen hoef nie altyd soet gekook te word nie. Los die skil aan en oondbraai dit – en proe net hoe lekker. Hier’s ons aspersies-en-pampoenslaai

genoeg vir 6

• 8 skywe (800 g) pampoen, sonder pitte maar met skil
• 20 ml anyssaad
• 45 ml kanola-olie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 g vars aspersies
• 80 g blare van jou keuse
• 3 wiele fetakaas

SOUS
• 45 ml witwyn-asyn
• 60 ml kanola-olie
• 30 ml heuning
• sap en gerasperde skil van 1 lemoen

Verhit oond tot 180 °C. Plaas pampoen in oondbraaibak. Sprinkel anys, olie, en sout en peper oor. Oondbraai oop vir 20 minute. Voeg aspersies by en oondbraai verder tot pampoen begin verbruin en gaar is. Terwyl pampoen oondbraai, meng al die bestanddele vir die sous met ’n draadklitser. Pak slaaiblare in opdienbak en skep warm pampoen en aspersies bo-op. Krummel feta oor en sprinkel sous oor. Sit dadelik voor.

Aspersie-en-pampoenslaai

Aspersie-en-pampoenslaai
FOTO: Donna Lewis

Heerlik vir jou en gesond vir diabete. Resepte nagegaan deur Dieetkundige Mariza van Zyl RD van Beter Eet Voeding en voedsel Konsult. www.betereet.co.za

Aspersies-en-pampoenslaai

kilojoule 1980; 21,3g, proteïen 10,4g 31.vet 38,1g