FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Resepte

Barbara se lekkerste herfsslaai

• 500 g botterskorsie (butternut), in blokke gesny
• sowat 30 ml olyfolie
• 180 g dun groenbone
• 2 groot rooi-uie, in kwarte gesny
• 4 murgpampoentjies, in die lengte in dun skywe gesny
• 1 eiervrug, in skywe gesny
• vars roketblare
• vars basiliekruidblare
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie in ’n oondbak. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en rooster totdat die botterskorsie sag is. Haal uit en laat afkoel. Dompel groenbone vir so 4 minute in kookwater. Haal uit en dreineer. Gooi ’n klein bietjie olyfolie oor die uie, murgpampoentjies en eiervrug. Verhit ’n riffelpan. Braai die uie, murgpampoentjies en eiervrug weerskante tot sag. Plaas vars roket op ’n opdienbord en rangskik groente bo-op. Sprinkel vars basiliekruidblare bo-oor. Sit voor saam met olyfolie.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG