FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Beesfilet met gebarste-tamatieslaai

(4 – 6 porsies)

30minute

  • 500 g kersietamaties
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 80 ml olyfolie
  • 45 ml balsemasyn
  • 45 ml botter
  • 500 g beesfilet
  • 2 takkies roosmaryn, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Vir slaai

  • 20 ml korrelmosterd
  • 45 ml heuning 60 ml olyfolie
  • sap en skil van 1 suurlemoen 100 g slaai van jou keuse
  • 4 sirkels feta-kaas

Verhit oond tot 180 °C. Plaas kersietamaties, knoffel, olyfolie en asyn saam in ‘n oondvaste bak. Rooster vir 10 – 15 minute of tot tamaties begin bars. Haal uit en hou eenkant. Terwyl
tamaties rooster, verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm. Smeer sagte botter oor filet en rol in roosmaryn. Plaas in warm pan en braai sowat 5 minute per kant vir medium of langer soos jy verkies. Geur goed met sout en swartpeper. Haal van plaat af en laat rus. Vir slaai Meng mosterd, heuning, olyfolie, sap en skil van suurlemoen saam. Plaas slaaiblare van jou keuse in opskepskottel en krummel feta oor. Sny filet in dun skywe met skerp mes en plaas op blare. Skep tamaties oor en sprinkel slaaisous oor. Sit voor.