Resepte

Beet gebak in sout

Soos Kokkedoor-wenner Tiaan Langenegger in die eindronde gedoen het.

genoeg vir 6

• 2 kg growwe sout
• 12 groot bete, met skil
• 1 x 80 g-sakkie roketslaai
• 12 radyse
• sout en varsgemaalde swartpeper

Slaaisous

• 20 ml korrelmosterd
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml witwynasyn
• 80 ml olyfolie
• 1 x 250 g-bakkie crème fraîche

Verhit oond tot 200 °C. Sprinkel helfte van growwe sout in oondbraaibak. Pak bete op sout en bedek met res van sout. Oondbraai 90 minute of tot bete sag en gaar is. Keer pan om en breek soutkors oop deur met ’n deegroller daarop te slaan terwyl dit nog warm is. Skil bete met skerp mes en sny elkeen middeldeur. Plaas roket en radyse op ’n opdienbord. Meng al die slaaisousbestanddele behalwe die crème fraîche. Gooi sous oor slaai en skep lepels vol crème fraîche bo-op. Geur goed en sit voor