FOTO Micky Hoyle

Resepte

Beet met avokadosalsa en bokmelkkaas

• 8 groot bete
• 4 avokado’s
• 6 tamaties
• 300 g kruie-bokmelkkaas
• sout en varsgemaalde swartpeper
• olyfolie om oor te sprinkel
• 40 g bronkors (watercress)

Plaas beet in kastrol met kookwater. Kook beet tot sag, sowat 20 – 30 minute. Dreineer en laat afkoel. Skil beet af. Sny avokado’s in klein blokkies. Halveer tamaties en skep pitte uit. Sny tamaties in klein blokkies. Meng avokado en tamaties. Geur met sout en peper. Sny beet in skywe en rangskik op borde. Skep die avokadosalsa en skywe kaas oor en sprinkel ‘n klein bietjie olyfolie oor. Rangskik bronkors bo-op.