Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Beste tamatiebroodslaai

Hierdie slaai smaak baie lekker saam met braaivleis. Jy kan buffelmozzarella byvoeg as jy wil.
(Genoeg vir 4)
Roostertyd: 20 minute

  • 1 kg baba-tamaties
  • 120 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 ciabatta-brode

Slaaisous

  • 250 ml olyfolie
  • 60 ml rooiwyn-asyn
  • 30 ml balsemasyn
  • 10 ml suiker
  • 10 ml mosterd
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 g basiliekruid, grofgebreek

Verhit oond tot 180 °C. Plaas tamaties in ’n oondpan, sprinkel olyfolie oor en geur met sout en peper. Breek die ciabatta in growwe stukke, plaas in ’n ander oondpan en sprinkel olyfolie oor. Oondbraai die tamaties tot hulle begin oopbars. Oondbraai terselfdertyd die brood tot dit bros is, sowat 20 minute, en draai stukke brood af en toe om. Terwyl die tamaties en brood oondbraai, maak solank die slaaisous: Meng olyfolie, rooiwyn-asyn, balsemasyn, suiker, mosterd en knoffel saam. Sodra die tamaties en brood uit die oond kom, meng albei saam en gooi die slaaisous oor. Breek vars basiliekruid bo-oor en sit dadelik voor.

Wenk
Oorskietslaai bly nie bros tot die volgende dag nie. Puree dit tot glad in ’n voedselverwerker – dit maak ’n heerlike smeer of doopsous.