Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Bloukaas-en-broccoli-slaai

(4 – 6 porsies)

  • 230 g langsteel-broccoli
  • 100 g vars groen aspersies
  • ‘n groot handvol rooi botterslaai
  • 100 g bloukaas, in blokkies gesny
  • 100 g groen olywe
  • 2 avokadopere, in klein blokkies gesny
  • 2 sprietuie, gesny slaaisous
  • 100 ml olyfolie
  • 40 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 5 ml korrelmosterd
  • 2 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dompel broccoli en aspersies in kookwater en laat staan vir sowat 10 minute. Dreineer en laat koud word. Plaas blaarslaai onderin slaaibak. Meng al die bestanddele vir die slaai versigtig en rangskik bo-op blare. Meng bestanddele vir slaaisous goed en gooi oor of sit apart voor.

  • Margot Kotze

    Die bloukaas en broccoli is ‘n ware wenner, Dankie vir Sarie-idees