Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Resepte

Bokmelkkaas-en-nektarienslaai

Frankryk is bekend vir sy verskeidenheid kaassoorte en ek kon ʼn hele oggend net in ʼn kaaswinkel rondsnuffel. Chèvre, soos die Franse bokmelkkaas noem, smaak ook heerlik saam met vye, olywe, salm en avokado.
(genoeg vir 4)
Baktyd: 10 minute

  • 1 Franse brood, in sowat 8 snye gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, gehalveer
  • 2 (80 g elk) crottin-bokmelkkase, elk in 4 ringe gesny
  • 6 nektariens, gehalveer en pit verwyder
  • 80 g vars roketblare
  • 4 murgpampoentjies, met ’n groenteskiller in repe gesny
  • 100 g amandels, grofgekap
  • hand vol kruisement
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml heuning
  • 30 ml rooiwyn-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas snye brood op ’n bakplaat, besprinkel met olyfolie en vryf met knoffel. Sit skyf kaas op elke sny en bak tot gesmelt. Verhit ’n riffelpan en braai nektariens aan vleeskant tot merke wys. Rangskik roket, murgpampoentjie- repe en nektariens op ’n bord. Maak slaaisous van olyfolie, heuning en asyn en geur met sout en peper. Strooi amandels en kruisement oor slaai en sit voor met slaaisous en kaasbrood.

Wenk
Jy kan die bokmelkkaas met camembert vervang.