Resepte

Bone-en-tunaslaai

  • sowat 16 rosa-tamaties
  • 2 x 400 g-blikke botterbone, gedreineer
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • hand vol vars basiliekruidblare
  • 1 komkommer, in blokkies gesny
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 30 ml kappertjiesaad
  • 2 blikke tuna, gedreineer en gevlok
  • skaafsels parmesaan- of pecorinokaas

Slaaisous

  • sap van 1 suurlemoen
  • 75 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit jou oond tot 200 °C. Bedek die tamaties liggies met ‘n bietjie olie, plaas op ‘n bakplaat en rooster vir sowat 10 minute tot hulle begin oopbars. Laat afkoel. Plaas die bone in ‘n groot mengbak en voeg die soetrissies, ui, basiliekruidblare, komkommer, olywe en kappertjiesaad by. Meng die suurlemoensap, olyfolie, knoffel en pietersielie vir die slaaisous in ‘n aparte bakkie. Geur met sout en swartpeper. Meng die slaaisous goed deur die bonemengsel en werk die tamaties en tuna liggies by. Sit voor met skaafsels parmesaan- of pecorinokaas.