Resepte

Bros varklies-slaai

(4 porsies)

  • 100 ml olyfolie
  • 1 klein Franse brood, in snye gesny
  • 5 ml vinkelsaad
  • 3 knoffelhuisies
  • 45 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap
  • 700 g ontbeende varklies-repe
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml wit asyn
  • 4 eiers
  • 80 g gemengde slaaiblare

Verhit oond tot 180 °C. Verhit die 100 ml olyfolie in ‘n pan en braai brood weerskante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Stamp vinkelsaad en knoffel fyn in ‘n vysel. Meng dit met die 45 ml olyfolie en suurlemoensap. Gooi mengsel oor varklies-repe en vryf dit oor die vleis. Plaas vleis in ‘n oondroosterbak en geur met sout en swartpeper. Rooster vir sowat 45 minute
tot 1 uur totdat vleis gaar en vel lekker bros is. Sny varkrepe in stukke. Gooi sowat 500 ml water saam met asyn in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Posjeer 2 eiers op ‘n slag: Breek elke eier in ‘n glas en laat dit versigtig uit die glas glip in die middel van die water, terwyl jy dit vinnig en sterk in die rondte roer. Bedek en prut vir 3 minute. Haal eiers versigtig uit met gaatjieslepel. Rangskik al die bestanddele op borde en sit voor met ‘n geposjeerde eier bo-op elke porsie.