Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Calamari-boneslaai

(4 porsies)

  • 100 ml olyfolie
  • 400 g bevrore calamari-ringe
  • 1 ui, gehalveer en in dun skywe gesny
  • 1 lourierblare
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 45 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 blikke (400 g elk) botterbone
  • 3 vars tamaties, pitte verwyder en in klein blokkies gesny
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 8 sprietuie, gesny

Verhit olyfolie in kastrol. Braai calamari tot effens bruin en voeg ui by. Braai tot ui sag en deurskynend is. Voeg lourierblare en knoffel by. Sit deksel op en laat prut vir 1 uur. Voeg suurlemoensap by, geur met sout en peper en laat afkoel. Dreineer bone in vergiettes en spoel af met koue water. Meng die bone met tamaties, basiliekruid en sprietuie en berei die sous.
Maak die slaaisous: Meng 30 ml suurlemoensap en 60 ml olyfolie en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng sous met bone-mengsel en skep calamari bo-op.