Resepte

Caprese-Kerskrans

Die tradisionele Italiaanse slaai trek ’n Kersbaadjie aan en kry lyf met gebraaide brood.

genoeg vir 8

• 75 g (80 ml) botter
• 390 g suurdeegbrood, in growwe stukke gebreek
• 1 kg gemengde kersietamaties, gehalveer
• 300 g klein mozzarella-balle
• 60 ml goeie olyfolie
• 30 ml balsemasyn
• 2 hande vol basiliekruidblare
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter in braaipan tot warm en braai brood tot goudbruin en bros. Meng tamaties, kaasballe, olie, asyn en basiliekruid saam in groot slaaibak. Skep in die vorm van ’n Kerskrans op groot opdienbord. Strooi stukke gebraaide brood oor. Geur goed met sout en peper. Sit voor met ekstra basilieblare, olyfolie en balsemasyn.