Resepte

Caprese-slaai op stokkies

(2 porsies)

  • 12 klein, sagte mozzarella-kaas-balletjies
  • 12 klein rosa-tamaties
  • 12 vars basiliekruidblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Borges Extra Virgin Olive Oil

Ryg die kaas, tamaties en basiliekruidblare op sosatiestokkies. Plaas die stokkies op ’n bord en geur met sout en swartpeper. Bedruip met die olyfolie en bedien saam met vars pitabrode.