sk0812eetsesuur1
Resepte

Chorizo-en-bone-slaai

(20 minute – 4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 4 chorizo-worse, skuins in skywe gesny
  • 2 blikke botterbone
  • 2 blikke kekerertjies (chickpeas)
  • 250 g vars groenbone
  • sowat 5 heel sprietuie
  • sowat 10 vars basiliekruidblare

Slaaisous

  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die wors-skywe vir sowat 15 minute. Dreineer die bone en kekerertjies in ’n vergiettes en spoel deeglik af met koue water. Laat staan die groenbone vir sowat 5 minute in kookwater. Dreineer en laat afkoel. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Gooi die slaaisous oor die bonemengsel en meng goed. Skep op ’n opdienbord. Plaas die groenbone, chorizo, sprietuie en basiliekruidblare bo-op en sit voor.