sarie_0131
Resepte

Deurmekaar slaai

(6 porsies)

• 115 g dun vars aspersies
• 100 g blaarslaai van jou keuse
• 100 g groen olywe, ontpit
• 200 g klein rosa-tamaties
• 125 g sagte mozzarella-kaas, in stukke gebreek
• hand vol vars basiliekruidblare

Slaaisous
100 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 5 ml korrelmosterd
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dompel die aspersies vir 5 minute in kookwater. Dreineer en sit onmiddellik in koue water. Dreineer weer. Plaas die blaarslaai op ’n opdienbord of bak. Rangskik die res van die bestanddele bo-op. Meng al die slaaisous-bestanddele en skud die sous goed voor jy dit oor die slaai gooi, net voor jy dit voorsit.