Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Pluimvee

Eendborsie-en-artisjokslaai

(genoeg vir 4)

  • 2 ontbeende eendborsies
  • 15 ml olyfolie
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g vars aspersies
  • 200 g gemarineerde artisjokke
  • 1 avokado, in skywe gesny
  • 40 g bronkors (watercress)
  • 30 ml mikrokruie
  • olyfolie om oor te sprinkel

Verhit oond tot 180 °C. Sny kepies in die eendborsie-vel. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Geur met sout en peper. Verhit ’n oondvaste pan. Plaas die borsies eers velkant ondertoe in die pan en braai tot mooi goudbruin. Draai om en braai vir nog so 4 minute aan die ander kant. Plaas in pan in oond en oondbraai vir 20 minute. Dompel aspersies in kookwater vir sowat 5 minute. Dreineer. Rangskik aspersies, artisjokke, avokado en bronkors op ’n mooi opdienbord. Sny eendborsies in skywe en plaas bo-op. Strooi mikrokruie oor en besprinkel met olyfolie.