Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Eiervrug-en-murgpampoentjieslaai

(6 porsies)

  • 3 groot eiervrugte
  • 6 murgpampoentjies
  • 60 – 100 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 g vars roket

Jogurtsous

  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 6 – 7 vars basilieblare, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny murgpampoentjies en eiervrugte in die lengte in dun skywe. Verhit van die olyfolie in ‘n pan en braai eers die eiervrug (nie alles op een slag nie) weerskante tot sag. Dreineer op kombuispapier. Onthou net, eiervrug is soos ‘n spons en slurp behoorlik die olyfolie op sodat jy heeltyd olie in die pan moet byvoeg. Braai die murgpampoentjies ook weerskante soos die eiervrugte en dreineer op kombuispapier. Laat koud word en geur met sout en peper. Meng al die bestanddele vir die jogurtsous en sprinkel oor slaai. Strooi vars roket oor en sit dadelik voor.