Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Pasta

Filet-en-pastaslaai

(4 porsies)

  • 1 pak gemengde blaarslaai
  • olyfoliesproei
  • 300 g beesfilet, vet of senings verwyder
  • sout en peper
  • 1 groot rooi of geel soetrissie, gerooster en vel afgetrek, in blokkies gesny
  • 200 g volgraan-pennepasta, in vinnig kokende soutwater gaargemaak
  • 125 g sampioene, in skyfies gesny
  • sowat 100 ml basiliekruidpesto
  • 30 ml pampoensade, gerooster

Pak die blaarslaai mooi op ’n slaaibord. Spuit ’n braaipan met olyfoliesproei en braai die filet tot pienk in die middel. Geur met sout en peper. Laat rus en sny dan in dun skyfies. Hou eenkant. Meng soetrissie, pasta, sampioene en pesto met filetskyfies. Skep oor blaarslaai. Sprinkel pampoensade oor en sit voor