sk0909vesel02
Resepte

Gebakte patatslaai

4 porsies

  • 700 g heel patats
  • 200 g vars broccoli
  • 2 groot hande vol vars bronkors (watercress)
  • 40 ml olyfolie
  • 30 ml geroosterde sesamsaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 vars lemmetjie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas patats heel, met skil en al, op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. (Die papier keer dat suiker wat uit die patats loop hard en taai word op jou bakplaat en moeilik skoonmaak.) Bak patats tot sag. Die tyd sal afhang van hoe groot hulle is, maar jy kan reken op sowat 1 uur. Breek broccoli in klein stukke en dompel in kookwater vir so 3 – 5 minute. Dit moet nog lekker bros wees. Dreineer en plaas in ’n bak met koue water. Dreineer weer. Rangskik bronkors op ’n opdienbord. Sny patats in dik skywe en rangskik saam met broccoli bo-op. Besprinkel met olyfolie en geroosterde sesamsaad. Geur met sout en swartpeper en sit voor met vars lemmetjie.