sk1112fees001_35_
Resepte

Gebraaide-groen-tamatie-en-fetaslaai

Ek het by die groen tema gehou, daarom is daar groen tamaties in dié gereg.

  • 6 groen tamaties
  • sowat 50 ml olyfolie
  • sowat 15 ml balsemasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g feta-kaas
  • hand vol vars basiliekruidblare
  • olyfolie

Sny elke tamatie in drie dik skywe. Verhit olyfolie in pan. Braai tamaties weerskante tot net sag. Sprinkel ’n paar druppels balsemasyn oor so ’n minuut voor jy dit uithaal. Geur met sout en peper. Laat afkoel. Rangskik tamaties op opdienbord en plaas fetakaas net so bo-op. Strooi basiliekruidblare tussenin en sprinkel ’n bietjie olyfolie oor. Geur met nog swartpeper.