sk1010.6uur13
6 uur tuis, eet half 7

Gebraaide-hoender-en-aspersieslaai

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml botter
  • 4 (500 g) hoenderborsies, in groot stukke gesny
  • sap van 1 suurlemoen
  • 6 eiers
  • 120 g slaaiblare van jou keuse
  • 100 g vars aspersies, gedompel in kookwater vir 5 minute
  • slaaisous van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter tot warm in ‘n mediumgroot braaipan. Braai hoenderborsies sowat 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Druk suurlemoensap bo-oor uit en hou eenkant. Bring ‘n pot water tot kookpunt. Voer 6 koppies met kleefplastiek uit en spuit met kleefwerende sproei. Breek 1 eier in elke koppie. Gebruik plastiek wat oorhang en vou eiers toe. Knoop stewig vas. Dompel in kookwater en laat posjeer vir 3 – 5 minute vir sag of langer soos jy verkies. Plaas slaaiblare, hoenderborsies en aspersies op opdienbord. Gooi slaaisous oor. Haal gaar eiers uit plastiek en plaas op slaai. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.