Pluimvee

Gebraaide hoenderlewer-slaai

(4 – 6 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 500 g hoenderlewertjies
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g baba-spinasieblare
  • 3 tamaties, in skywe
  • 3 sprietuie
  • 5 hardgekookte eiers, gehalveer
  • 50 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap

Verhit olyfolie en botter saam in ’n pan. Voeg hoenderlewertjies en knoffel by. Geur met sout en swartpeper. Braai hoenderlewertjies vir 5 – 8 minute. Ek hou daarvan as die lewertjies binne nog effens pienk is, maar jy kan dit natuurlik langer braai as jy dit verkies. Plaas spinasieblare in ’n slaaibak en rangskik hoenderlewertjies, tamaties, sprietuie en hardgekookte eiers bo-op. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Sit voor met gebraaide pampoenpitte.