Warm_Salads-5
Kos

Gebraaide peer, okkerneute en Roquefortkaas

Pere en okkerneute is goeie geurpasmaats. Braai die pere saam met die neute vir ’n baie lekker slaai.

genoeg vir 4

  • 350 ml kanola-olie
  • 200 g baba-aartappels, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 pere met skil, gehalveer en stronk uitgehaal
  • 1 x 100 g-pakkie okkerneute, grofgekap
  • 4 takkies vars salie
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 1 x 40 g-pakkie wilderoketblare
  • 350 g roquefort- of bloukaas

Verhit oond tot 220 °C. Gooi kanola-olie in ’n groot oondbraaibak tot op ’n hoogte van minstens 1 cm. Plaas bak met olie in oond en verhit tot baie warm, sowat 10 minute. Terwyl olie verhit, bring pot met water tot kookpunt. Gooi aartappels in kookwater en kook dit 8 minute. Dreineer. Haal bak met olie uit oond, skep aartappels versigtig in warm olie en plaas terug in oond. Oondbraai 10 – 15 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en peper. Verhit 30 ml van olie waarin aartappels gebak is in groot braaipan.

Plaas pere met gesnyde kant na onder in pan en braai 5 – 8 minute of tot pere begin verbruin. Voeg neute en salie by en meng deur. Voeg oondgebraaide aartappels, en sap en skil van suurlemoene by en geur goed met sout en peper. Plaas roket op opdienbord en skep warm slaai bo-op. Krummel kaas oor. Sit voor.