Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Gemarineerde-sampioene-en-blomkoolslaai

Gemarineerde sampioene kan tot 3 weke in die yskas hou.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 3 x 250 g-bakkies bruin en wit sampioene
• 1 x 200 g-pak blomkool
• 1 x 170 g-pak aspersiepunte (tips), gedompel in kookwater marinade
• 80 ml balsemasyn
• 160 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• hand vol koljander, fyngekap
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie tot warm in middelslag-pot. Voeg sampioene by en roerbraai 8 – 10 minute of tot halfgaar. Haal sampioene uit en gooi bietjie kookwater in dieselfde pot. Gooi blomkool by en plaas deksel op pot. Stoom blomkool 3 – 5 minute of tot halfgaar. Dreineer en sit saam met sampioene in groot mengbak. Voeg aspersies by. Marinade Meng asyn, olyfolie, knoffel, koljander en brandrissies goed saam. Gooi oor gaar groente en meng deur. Geur goed met sout en peper. Marineer 2 – 3 uur in yskas en sit voor as slaai.