Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Geroosterde-botterskorsie-en-fetakaas-slaai

Die botterskorsie en feta is klaar heerlik saam, maar met die beet by kry dit eerste prys.

(4 porsies)

  • 700 g klein baba-beet
  • 1 botterskorsie (probeer een koop met ’n lang neus)
  • sowat 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml balsemasyn
  • 70 g baba-slaaiblare
  • 4 sprietuie, gesny
  • 370 g fetakaas

Verhit oond tot 180 °C. Plaas beet in kastrol en bedek met water. Laat kook vir sowat 35 minute of tot net sag. Sny botterskorsie in skywe met skil en al. Plaas in oondbraaibak en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai 30 minute tot bruin en sag. Verwyder skil van beet en plaas in ander oondbak. Sprinkel asyn oor en oondbraai sowat 20 minute. Rangskik slaaiblare in slaaibak. Sprinkel uie oor. Breek fetakaas in stukke en plaas bo-op. Rangskik beet en botterskorsie bo-op. Sit warm voor.