sk0409yster01
Pluimvee

Geroosterde hoender met mango-salsa

(6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 6 hoenderdye
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 ml droë tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi olyfolie in ’n oondroosterbak. Plaas hoenderdye in die bak. Gooi suurlemoensap oor en dan die knoffel en tiemie. Geur met sout en swartpeper. Rooster vir sowat 1 uur totdat die hoender gaar en die vel lekker bros is. Sit voor saam met mango-salsa.

Mango-salsa

  • 1 ryp mango, geskil en in klein blokkies gesny
  • ½ komkommer, pitte verwyder en in klein blokkies gesny
  • 2 sprietuie, gekap
  • 1 rooi brandrissie, gekap
  • hand vol vars koljander, grofgekap
  • sap van 1 suurlemoen

Meng al die bestanddele saam. Laat staan so 15 minute voor jy dit voorsit.