sk0112vinnig_2_
Resepte

Geroosterde varklies met groenbone-slaai

4 porsies

Verhit oond tot 180 °C. Meng sap van 1 suurlemoen, 30 ml olyfolie, 2 fyngekapte knoffelhuisies en 15 ml vinkelsade. Smeer mengsel oor 700 g ontbeende varklies en geur met sout en peper. Plaas in oond en rooster vir 1 uur 10 minute. Dompel 350 g dun Franse bone in kookwater vir 5 minute. Dreineer. Meng 150 ml olyfolie, sap van 1 suurlemoen, 10 ml Dijon-mosterd, 1 fyngekapte knoffelhuisie en geur met sout en peper. Halveer 200 g klein rosa-tamaties en meng bone, sous en tamaties saam. Sit voor saam met Dijon-mosterd.