Resepte

Geskroeide carpaccio-slaai

(4 porsies)

  • 30 ml Worcestersous
  • 50 ml olyfolie
  • 5 ml knoffelpasta
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 rump steaks (sowat 650 g elk)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 80 g vars roket
  • 200 g klein rosatamaties, gehalveer
  • 100 g pecorino-kaas

Meng Worcestersous, olyfolie, knoffelpasta en suurlemoensap. Gooi sous oor steaks en vryf goed in reg rondom. Verhit ‘n riffelpan tot baie warm-die rook moet letterlik sigbaar wees. Braai steaks vir net sowat 2 minute aan elke kant. Die middel moet nog rou wees. Haal uit en geur met sout en swartpeper. Laat steaks vir sowat 10 minute staan voordat jy dit in dun skywe sny. Rangskik roket en tamaties op ‘n groot opdienbord. Plaas skywe steak bo-op. Gebruik ‘n groenteskiller en maak skaafsels pecorino-kaas. Sprinkel kaas oor en sit voor met ekstra olyfolie.