Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Diabeties

Griekse-slaai-pitas met feta-smeer en geposjeerde hoender

Resep deur Annerien Vermeulen

Die Griekse-slaai-pitas kan ook sonder die hoender voorgesit word, met byvoorbeeld olywe by.
(4 porsies)

Feta-smeer

  • 100 g vetvrye fetakaas, gekrummel
  • 50 ml gewone, vetvrye jogurt
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 10 ml gedroogde oreganum
  • 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • swartpeper na smaak

Meng die fetakaas en jogurt met ’n vurk en druk groot stukke kleiner met die vurk. Voeg die suurlemoensap, oreganum, suurlemoenskil en peper by en meng goed. Hou eenkant.

Samestelling

  • 4 volgraan-/bruin pitabrode, warm gemaak in oond
  • 1 komkommer, geskil, kern verwyder en in skywe gesny
  • 1 geel soetrissie, in stukkies gesny
  • 60 ml gekapte mentblare
  • 100 g baba-kersietamaties
  • 250 ml geposjeerde hoenderfilet*, afgekoel en in blokkies gesny
  • sout en peper

Sny elke pitabrood in die helfte om twee halfmaan-pakkies te vorm. Sit 2 eetlepels feta-smeer in elke pakkie. Vul verder met komkommer, soetrissie, ment, tamaties en hoender. Geur. Sit dadelik voor.