sk1010jogurt4
Resepte

Groenappel-slaai met tzatziki

(4 – 6 porsies)

  • 1 (250 g) komkommer, in blokkies gesny
  • 250 ml Griekse jogurt
  • hand vol vars dille, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 takkies kruisement, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • slaaiblare van jou keuse
  • 2 groenappels, in dun skywe gesny
  • sap van 2 suurlemoene

Meng komkommer, jogurt, dille, knoffel en kruisement. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi slaaiblare in ‘n groot bak saam met appelskywe. Druk suurlemoensap bo-oor. Skep komkommer-tzatziki oor en sit dadelik voor.

Wenk: Jy kan ook die komkommer vir die tzatziki rasper. Laat die gerasperde komkommer vir 10 minute in ‘n sif oor ‘n bak staan sodat al die ekstra water daarin kan uitloop.