6 uur tuis, eet half 7

Halloumi-en-broodslaai

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml botter
  • 150 g suurdeegbrood, in growwe stukke gebreek
  • 30 ml olyfolie
  • 180 g halloumi-kaas, in groot stukke gesny
  • 45 ml meel
  • 300 g kersietamaties, gehalveer
  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit botter in ‘n groot braaipan. Voeg broodstukke by en braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Gooi olyfolie in dieselfde pan. Rol halloumi in meel en braai 2 minute per kant of tot goudbruin. Haal uit pan en braai tamaties vinnig in die warm pan vir 2 minute. Meng slaaiblare met gebraaide brood, halloumi en warm tamaties. Geur met sout en swartpeper. Druk suurlemoen sap bo-oor uit en sit voor.