sk0909groen02
Resepte

Hoender-en-kruie-slaai

4 porsies

  • 1 groot ontbeende hoenderborsie, sonder vel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruid
  • hand vol vars pietersielie
  • hand vol vars dille
  • hand vol vars roket
  • 1 pienk pomelo
  • 45 ml wit balsemasyn
  • 30 ml olyfolie
  • ekstra kruie en slaaiblare soos bronkors en bonekruid (summer savoury)
  • 45 ml geroosterde dennepitte

Geur hoenderborsie met sout en swartpeper. Draai borsie goed toe in kleefplastiek en dan in tinfoelie – verseël goed. Bring water in ’n kastrol tot kookpunt en plaas die pakkie daarin. Kook vir 10 – 15 minute. Meng intussen die kruie en plaas ’n hopie daarvan op elke bord. Sny segmente uit die pomelo (werk oor ’n bak om sap te vang) en rangskik op borde. Druk res van die sap uit pomelo en meng al die sap met asyn en olie. Geur liggies met sout en swartpeper. Haal hoender uit die pakkie en sny lengtegewys in baie dun skywe. Rangskik op die slaaiblare en sprinkel dennepitte en slaaisous oor.