FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Pluimvee

Hoender-prosciutto-sosaties met witboon-slaai

As die prosciutto of parmaham vir jou te duur is, kan jy enige ander soort strepiespek gebruik

genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 20 minute

• 4 hoenderborsies, ontbeen en in repe gesny
• 4 snye prosciutto (of parmaham), elke sny in 3 lang repe gesny (250 g repies spek)
• 1/2 ciabatta, in blokke gesny
• 4 sosatie-stokkies
• 45 ml olyfolie
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• hand vol basiliekruid, gekap
• skil en sap van suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper

Witboom-slaai
2 x 400 g-blikke wit boerbone, gedreineer en afgespoel
• 2 rooi-uie, fyngekap
• 350 g baba-tamaties, gehalveer
• 40 g bronkors (watercress)
• 30 ml olyfolie
• sap van suurlemoen

Verhit oond tot 200 °C. Ryg die hoender, ham en ciabatta aan sosatiestokkies. Gooi 45 ml olyfolie, rissies, knoffel, basieliekruid en skil en sap van suurlemoen oor die sosaties. Vryf goed in. Geur met sout en peper. Plaas in oond vir 20 minute tot gaar. Draai sosaties nou en dan om. Meng bone, rooi-uie, tamaties en bronkors. Gooi 30 ml olyfolie en suurlemoensap oor. Geur met sout en peper. Sit voor met sosatie.

Wenk
Week die sosatie-stokkies in ’n bak met koue water vir minstens 2 uur. Dit sal keer dat die stokkies brand tydens die gaarmaakproses.