Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Pluimvee

Hoenderslaai

(Genoeg vir 4)

  • 16 snye Franse brood
  • olyfolie
  • 4 medium-sag-gekookte eiers
  • 2 koppe baba-botterslaai
  • 4 gaar hoenderborsies
  • sowat 8 ansjovis-filette

Slaaisous

  • 2 eiers
  • 150 ml olyfolie
  • 60 ml suurlemoensap
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit rooster-element van oond. Plaas brood op bakplaat en sprinkel weerskante met bietjie olyfolie. Sit in oond en rooster albei kante tot goudbruin. Halveer eiers. Sny koppe blaarslaai in kwarte. Sny hoenderborsies in groot stukke. Rangskik ansjovis en al die ander bestanddele op opdienborde. slaaisous Bring water tot kookpunt in kastrol. Plaas eiers in en laat staan vir 1 minuut. Haal uit. Breek oop en voeg net die eiergele by die olyfolie en suurlemoensap. Klits met vurk en voeg kaas by. Geur met sout en peper en gooi sous oor slaai.