Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Kekerertjie-en-boneslaai

(6 – 8 porsies)

  • 2 blikke (400 g elk) borlottibone
  • 2 blikke (400 g elk) kekerertjies (chickpeas)
  • 1 ui, fyngekap
  • halwe komkommer, in klein blokkies gesny
  • 400 g fetakaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 250 ml olyfolie
  • sowat 80 ml suurlemoensap
  • 40 g bronkors (watercress)

Dreineer bone en kekerertjies in ‘n vergiettes en spoel af met koue water. Sit bone, kekerertjies, ui, komkommer en fetakaas in ‘n slaaibak en meng. Geur met sout en peper. Meng knoffel, olyfolie en suurlemoensap. Gooi oor bone en meng goed. Meng die bronkors deur net voor jy die slaai voorsit.