Foto deur Lee Malan
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

Pluimvee

Koeskoes-slaai met hoender, pekanneut en framboos

Genoeg vir 4
Gaarmaaktyd: 5 minute

• 500 ml koeskoes
Slaai
• 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
• 1 groenappel, grofgerasper
• 50 g pekanneute, grofgekap
• 2 stingels seldery, gekap
• 200 g gaar oorskiethoender, gekap
• 4 rooi slaai-sprietuie, fyngekap
• mikro-koljanderkruie

Slaaissous
• 100 g frambose
• sap van 1 suurlemoen
• 15 ml heuning
• 100 ml appelsap

Berei koeskoes volgens aanwysings op pakkie. Vlok gaar koeskoes met ’n vurk om korrels los te maak. Voeg al die slaaibestanddele by en meng goed deur. Plaas al die
bestanddele vir die slaaisous in ’n voedselverwerker en verpulp tot net gemeng.
Skep slaai in ’n mooi opdienbord en gooi die slaaisous oor.