Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Komkommer-kekerertjie-en-salmslaai

(genoeg vir 6)

  • 150 g groenbone, stingels afgesny
  • 170 g aspersies
  • 1 x 400 g-blik kekerertjies (chickpeas)
  • 1 komkommer, blokkies gesny
  • 350 g vars salmsteak sonder vel, klein blokkies gesny
  • 60 ml sojasous van goeie gehalte
  • 120 ml olyfolie
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 1 hand vol vars koljander, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas groenbone en aspersies in groot glasbak. Kook water, gooi oor groente en los vir 5 minute. Gooi water af. Laat afkoel en voeg kekerertjies, komkommer en salm by. Meng res van bestanddele met ’n draadklitser in ’n bak. Gooi bo-oor slaai. Geur goed met sout en peper. Meng liggies om alles met sous te bedek. Sit voor met brood van jou keuse.