Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Koringslaai

(6 – 8 porsies)

  • 200 g (250 ml) rou koring
  • 10 ml sout
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 20 ml kerriepoeier
  • 30 ml suiker
  • 30 ml rooiwynasyn
  • 30 ml sojasous
  • 1 hand vol vars koljander, gekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 ml olyfolie
  • 6 perskes, gehalveer

Plaas koring en 10 ml sout in middelslag-pot. Gooi genoeg water by om koring meer as dubbel te bedek. Bring tot kookpunt en laat kook tot koring sag en gaar is, sowat 20 – 25 minute. Dreineer en laat afkoel. Meng uie, kerrie, suiker, asyn en sojasous. Voeg koljander, suurlemoensap en -skil by. Gooi bo-oor koue koring en meng deeglik. Geur goed met sout en swartpeper. Laat rus in yskas vir sowat 2 uur of oornag. Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm, die rook moet letterlik daaruit draai. Smeer perske-helftes met olyfolie. Plaas in warm pan en braai tot goudbruin,
sowat 3 -5 minute per kant. Meng gebraaide perskes met koring. Sit voor.