sk0812eetsesuur_5_1
Resepte

Kouevleis-slaai

(10 minute – 4 porsies)

  • 300 g ham, in dun repies gesny
  • 200 g salami, in dun repies gesny
  • 4 agurkies, in klein blokkies gesny
  • 250 ml mayonnaise
  • 100 ml Bulgaarse jogurt
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng die ham, salami en agurkies. Ook die mayonnaise en jogurt. Geur met sout en swartpeper. Meng alles nou goed saam en sit voor saam met vars broodrolletjies.