Resepte

Lemoenslaai

(4 – 6 porsies)

  • 4 lemoene, wiggies uitgesny (sonder velletjies)
  • 110 g vars roket en bronkors, gemeng
  • 1 bal (125 g) sagte mozzarella-kaas, in stukke geskeur
  • 1 rooi-ui, in baie dun skywe gesny
  • 175 g mange tout-ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 ml olyfolie

Meng al die bestanddele en geur met sout en swartpeper. Gooi olyfolie oor. Jy kan die mozzarella-kaas met fetakaas vervang.

Om te drink: ‘n Chardonnay-cap classique, probeer graham Beck Blanc de Blanc – dis 100% chardonnay.