Niçoise-slaai
Resepte

Niçoise-slaai

(15 minute – 4 porsies)

  • 12 baba-aartappels
  • 250 g vars dun groenbone
  • 2 blikke tuna, gedreineer
  • 4 hardgekookte eiers, in kwarte gesny
  • 4 tamaties, in kwarte gesny
  • 100 g swart olywe
  • sowat 10 ansjovis-filette
  • 1 ui, in dun ringe gesny
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Slaaisous

  • 100 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook die aartappeltjies tot sag. Dreineer en laat afkoel. Sny in kwarte. Sit die groenbone vir sowat 5 minute in kookwater. Dreineer en dompel in koue water. Dreineer weer. Rangskik nou al die bestanddele in ’n slaaibak. Geur met swartpeper. Meng die slaaisous-bestanddele goed. Gooi dit oor die slaai en sit voor saam met vars brood van jou keuse.