FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Niçoise-slaai op my manier

(4– 6 porsies)
20 minute

• 500 g baba-aartappels
• 180 g groenbone
• 6 eiers
• 60 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, gekap
• sap en skil van 1 suurlemoen
• 150 g slaaiblare van jou keuse
• 1 rooi-ui, grofgekap
• 2 x 170 g-blikke tuna, gedreineer
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas aartappels in pot water en kook sowat 10 – 12 minute oor matige hitte tot sag en gaar. Dreineer. Bring terwyl die aartappels kook nog ’n pot met water tot kookpunt en sit groenbone daarin. Laat vinnig kook vir 2 minute en dreineer dadelik. Hou eenkant. Bring weer ’n pot met water tot kookpunt en sit eiers versigtig in die water. Laat kook vir 5 minute vir sagte eiers, of langer soos jy verkies. Dreineer en dop eiers af. Meng olyfolie, knoffel, sap en skil van suurlemoen vir die slaaisous. Sit slaaiblare in opdienbak. Halveer gaar aartappels en plaas bo-op slaai saam met groenbone. Halveer eiers en rangskik bo-op, gevolg deur gekapte rooiui en tuna-stukke. Sprinkel slaaisous bo-oor. Geur goed met sout en peper en sit voor.